Tuis

Ars Poetica

 

Om te kan sê

 

rou emosie toegedraai 

in vlekkelose verbande

chaos vrees woede skuld

gemasker agter

woorde 

sinne 

sinsnedes

sag dubbelsinnig

 

pyn word mooi getooi

in binnerym 

'n gil gefluister

klingel hard in sagte yster

alleen omring met letters

wat eensaam roep in skimpe

reikend met geboeide hande

 

naaktheid beklee in sinne

alliterasie assonansie 

sinistese sinsbedrog

 

en ons bloei in ars poetica

net om te sê

wat binneharts lê

 

©Meraai

Namib Groete

 

 

Die doel van hierdie webblad is om vir alle skrywers in Afrikaans en spesifiek vir Namibiese skrywers ‘n platform te skep om hul skrywes te deel en om raakgelees te word.

 

Indien jy jou werk hier wil sien - doen die volgende asseblief:

Stuur 'n vonkpos na admin@namibskryf.com. Jou pos moet insluit:- jou Word dokument, 'n profiel foto (opsioneel) en jou volle name en skrywersnaam.

 

DNS behou die reg op alle mediaverwerkings, maar die kopiereg behoort nog steeds aan die skrywer.

 

Daar is geen fooi of rekening verbonde aan enige werk of blootstelling wat DNS hier vir die skrywer/s doen nie en DNS onderneem om indien enige geleentheid hom voordoen om finansiële voordeel te bewerkstellig, dit slegs sal gebeur nadat 'n formele skriftelike ooreenkoms met die skrywer/s aangegaan is.

Kopiereg. Alle regte voorbehou / Copyright. All Rights Reserved