Lede

Kliek op enige van ons skrywers om direk na sy/haar blog te gaan

Ons wil graag van u hoor.

 

Terugvoer is vir ons belangrik.

 
 
 
 
 

Kameel boom

Donderblitse stêrvonk ‘n chroompad teen die koepelruim.

Meester beeldhouer staan wydsbeen oor die Kalahari.

Bulderdreun die hemel as die Heer vryhand sweis

terwyl die dorsland gieters-water vir afkoel smeek.

Lê die rooi duine, ritmies krom en skeef.

In sagte sand plof ‘n sweisstaaf uit sy hand

en kom ’n kameelboom hard tot stand.

Rooi ystergrein bars oop, dekades lank in eerbied staan, het ‘n knie laat knak.

Die Noorde wind versprei jou lyfgeur na elke lidmaat van die veld.

Die windasem fluister gewyd... terwyl stilte se roep-stem oor jou ween.

Bakhand staan ek by die hemel se agterdeur.

My siel se jakkalsproef hang gans te lank krom en skeef.

In my Kalahari-hart se wei kamp plant ek ‘n kameelboom ankerpaal.

Dit is daar... ja net daar

waar ek nou veilig en rustig

myself tot wasdom wei.

Leopoldt van Wyk

19/10/2018


Foto verskaf deur:

Leopoldt van Wyk

Foto verskaf deur:

Ettienne Rossouw

Kopiereg. Alle regte voorbehou / Copyright. All Rights Reserved